Corne (Oosie) Oosthuizen

Corné (Oosie) Oosthuizen (41) is getroud met Rietha, met kroos Chere, Adrian, Carl, Nadine en Jane.

 

Corné is die Area- en Klientediensbestuurder van Coca-Cola Fortune, en ook woonagtig te George. Hy bedryf ook sy eie onderneming(s).

 

Soos baie van die jaers is hy al toeskouer van ouderdom 13, en het onlangs toegetree tot die sport in die Classic V8 klas. Sy heel eerste wedren was 13 November 2010 en dinge (en die senuwees!) het al begin beter gaan met wedrenne in Desember in PE en George agter die rug.

 

Met die beperkte ondervinding is sy trotsste prestasie tot dusver ‘n puik 3de plek in die finaal op 13 November 2010 te George.

 

Hy het ‘n paar borge wat help, en sy grootste ondersteuners is sy vrou, kinders en familie.

 

Corné ry tans vir pure genot, maar daar is tog 'n stukkie wen-motief ook by!

 

Sy aspirasie vir die onmiddellike toekoms is om dit net meer te geniet en te verseker dat sy motor te alle 100% reg is.

 

Corné is ‘n aangename vriendelike kerel wat ook boer met met goudvisse en wilde voeltjies.

 

Kenmerkend van hom is dat hy graag lag!