Leon de Kock - G69

Leon de Kock (52) is getroud met Siska en het 2 seuns. Jean-Pierre (JP) en Rehan. Leon is direkteur en aandeelhouer van ‘n Gautengse eiendom sindikasie maatskappy, maar woon en werk (meestal) van Widerness af.

Leon het jare gelede 'n bietjie met ‘n Beetle en Anglia op Worcester gery, en toe hy relatief onlangs hiernatoe verhuis het die gogga weer gebyt, na hy die Klein Karoo Kampioenskappe op Oudtshoorn gaan kyk het. Hy het in sy eerste seisoen (in die Hotrod klas) die klub- en SWD kampioenskap gewen en was tot die laaste been nog 4de op die nasionale kampieonskap, maar het sedertdien baie onvoorsiene probleme met die kar gehad.

Leon kom uit ‘n motorsport mal familie (jonger boet Eric ry ook van onlangs af Hotrods) en het van kleins af Goodwood se Helldrivers gevolg, en die dag toe hy 18 word (dit was daardie jare ‘n vereiste) het hy op Killarney renbaan sy verskyning gemaak en jare lank daar gebly. Hy was baie suksesvol in sy loopbaan in standaard produksie motors.

Leon is koel en kalm voor wedrenne, heel in teenstelling met daardie jare toe hy baie spanning ervaar het.

Hy gee graag erkenning aan Signpro wie sy stickers borg, maar verder is hy ook maar op sy eie aangewese.

Of hy ry met 'n wen motief of vir pure genot?:  " ‘n Kombinasie – ek ry om te wen maar as ek ‘n lekker skoon dice kan he gee ek nie om of dit vir die laaste plek is nie – dit maak racing die moeite werd.

Aspirasies? “Ek sou graag vir myself, my pit crew en vir Syrah Racing, wie my kar onderhou, ‘n SA nommer wil huis toe bring”