Sydney (34) is aan die stuur van sy eie besigheid, Syrah Racing (akroniem vir Sydney en Deborah. Oftewel vroulief Debby). Voorheen bekend as Pro-Racing, is Syrah Racing is ook een van die min MSA ge-akkrediteerde onderstel bouers in die land. Hy het bekendheid verwerf vir sy Golfs vir wat hy vir meeste van die top drywers bou. Sydney ken die reël boek asof hy dit self geskryf het (hy het inderdaad ‘n groot aandeel daarin gehad) so as jy ‘n vinnige Golf soek wat binne die reëls gebou is, of net tegniese advies nodig het, is hy die man om te kontak.
Selfs sy gedugste teëstander op die baan erken dat jy vir Sydney ‘n kruiwa of trekker kan gee, en hy sal lap rekord na lap rekord daarmee opstel. Met hope natuurlike talent is sy bestuurstyl aanskoulik, min mense kan ‘n BMW om die baan drift, op die rev limiter en aan die buitekant. Deesdae is hy ewe aanskoulik in die vintage MK1 Escort (nog op petrol want die head het putty in!!) wat gereeld die nuwe tegnologie manne pak gee.
Sydney is seker een van die min deelnemenrs wat al in elke klas deelgeneem het (behalwe development). Een van sy sukses eienskappe is dat hy senuwees van staal het (in sy eie woorde: “Ek het nie senuwees nie, wat’s dit?”) en onder die drukste ren toestande koelkop en beredeneerd bly. Niks kan hom “rattle” nie!
Hy ry hoofsaalklik met ‘n wen motief, maar geniet dit as daar ‘n lekker skoon dice is. Hy het ophou ry in een spesifieke klas omdat hy omtrent altyd met ‘n halwe ronde gewen het, en dit is nie vir hom lekker nie.
Vra vir Sydney wat is sy grootste prestasie, dan glimlag hy en sê sy dogtertjie, Talia. Nou ja, met so ‘n groot trofee kamer soos syne is dit seker moelik om ‘n hoogtepunt te kies.
Hy het onlangs die eerste keer ‘n paar rondtes op ‘n teer lang baan (nie ovaal nie) getoets, maar weens probleme met die kar kon hy slegs 4 rondtes doen, maar in die 4 rondtes met ‘n kar wat mis, het hy een van die vinnigste tye van die dag opgestel. Hier kom ‘n ding…..
Sydney se ander stokperdjie is model vliegtuie vlieg, as daar tyd is!