|
John (Thomas) May is ‘n 25 jarige entoesias wat werk as elektrisiën by Bi-Tron Technical Services op George.
Hy het betrokke geraak byt stockcars deur sy familie sedert 1996.
Hy het nie vorige wedren ervaring van enige aard nie, en ry sedert onlangs in die 2.1l klas met ‘n oulike Renault 5. John erken ruiterlik die senuwees pla maar! Hy kry ook hulp van ‘n paar mense en vriende wat die las darem bietjie ligter maak, naamlik Bi-Tron Technical Services, Eden Electrical, Rebuild Scrapyard en 4X4 Fun and Adventures.
John geniet hom gate uit en ry net vir pure genot. Hoe lank dit so sal bly weet ons nie!!
John se grootste aspirasie bring ‘n glimlag op jou gesig, en hy deel dit heimlik met baie ander drywers: Oom vir Neels te wen!!!
Buiten stockars hou John hom besig met vis vang, jaag en jag.
En ‘n geheimpie wat hy met ons deel: “Bang vir Oudtshoorn baan se muur!!!” (weer eens is hy nie alleen nie)
|
|