Julian van Rensburg - D5


Julian Janse van Rensburg is 16 jaar oud en op skool in Principia Kollege te Oudtshoorn. Vir naweek en vakansie werk is sien hy om na pa Nico se IT behoeftes by Tiger Wheel en Tyre.

Hy het natuurlik aangesteek by pa Nico en het begin ry in die ontwikkelingsklas in Desember 2008.

Julian is ‘n hartlike uitgaande jong man en geniet sy racing terdee. In sy woorde: “ Dit is baie leker en ek is glad nie meer op my senuwees nie, behalwe so ‘n bietjie met groot races”

Op 16 kan mens seker nie te veel vorige wedren ervaring hê nie, maar op 16 is enige jong man bedrewe met Playstation en Rekenaar motorsport.

En hy het al ses 1ste plekke, ses 2de plekke en vyf 3de plekke behaal. “My beste prestasie ooit is 2de plek met SWD punte en beste vorderings troefee vir 2009. Tans loop ek voor in die SWD kampioenskap met omtrent 40 punte.”  Voorwaar indrukwekkend!

Hy gee graag erkenning aan Tiger Wheel & Tyre George en Mosselbaai,  CV Joint & Silencer Shop,  Apollo Panelbeaters en Nico Performance (dankie Rayno!)

Julian neem sy sport ernstig op en ry met ‘n wenmotief, ‘n vasberade jong man.

Aspirasies vir nou en/of die toekoms?: “Om  hierdie seisoen 1ste plek met SWD punte behaal en SWD kleure kry. Later om ‘n  SA nommer los te jaag. En net oor die algemeen verder kom met racing!”

Oor homself: “Ek ry graag fiets, speel baie games (di’s waar ek my skills hone). Ek geniet die lewe en doen resies vir die fun. Ek haat dit as mense ry om ander mense uit te haal en COC's wat op onskuldige mense pick en mense wat kroek en die reels oortree.”

Wyse woorde komende van die jong man!