Vicki (Louise) Meyer is 26 en getroud met mede jaer, Clive. Hulle bly op George, maar sy werk by Computer Centre, Mosselbaai.
Vicki is van klein tyd blootgestel aan motorport deur haar pa se liefde vir die sport, en sy het ook so vir Clive ontmoet. Dit was juis by ‘n 'drag' byeenkoms waar sy hom ontmoet het, en met sy invloed het sy onlangs begin deelneem in die ontwikkelingsklas.
Sy beskou haar eerste wedren as haar beste, en sê sy ervaar geen senuwees nie! Sy het ook onlangs in PE ‘n puik wedren gery maar haar beste plek tot dusver is derde op die Klein Karoo Kampioenspappe.
Sy het nie ervaring in ander vorme van motorsport nie, maar het al aan blinde navogators trials deelgeneem.
Sy kry hulp van JLM Maintenance , Christo's Scrapyard , Econo Tyres en in haar woorde: “Ek wil groot dankie se aan my grootste ondersteuners en Pitmacs Clive Meyer en Andre Crous”
Vicky geniet dit terdee en ry vir pure genot, maar sy hoop om SWD te behaal voor die einde van die komende seisoen.
Sy is ook bedrewe met “arts & crafts” en en ontwerp en maak die stickers op hulle karre self!