Eric de Kock - G9


Eric de Kock het hierdie jaar op 50 jarige ouderdom hom begeef in OTR.

Eric is ‘n sakeman wat hom 5 jaar gelede in Wilderness kom vestig het, en is ‘n motorsport geesdriftige. Komende van ‘n motorsport familie was daar nog altyd ‘n belangstelling van die kantlyn af, en hy het pas die sprong geneem en in die Hotrod klas begin ry.

Met nog net 3 (halwe!) wedrenne agter die rug en twee enjins later, het die harde werklikheid getref, maar gelukkig help Apollo Panelbeaters en George Used Car Parts tesame met Syrah Racing om die pyne bietjie ligter te maak.

Benewens dit  het hy darem al ‘n trotste prestasie -  ‘n trofee vir die mooiste kar.

Eric het beperkte vorige wedren ervaring op die teer (lang) baan in track days opgedoen. Maar in sy woorde “Ek is vinnig aarde toe gebring met my eerste rondtes op ‘n ovaalbaan – dit is baie moeliker as wat ek gedink het en ek het nuwe respek vir veral die rear wheel drive ouens!”

Senuwees?: “Toe ek die eerste keer met Clarizka se FWD Golf die baan betree het het ek opgegooi van senuwees voor die tyd. (Ek wil natuurlik graag glo di's die prawns se skuld wat sy voor die tyd vir my by Ocean Basket gevoer het). Maar toe ek wegtrek het die adrenalin oorgeneem en ek het hoendervleis gekry, en ek het dit vandag nog!”

En wenmotief?: “Nee wat, ek wil net eers leer ry, en as ek op die pace kom sal ek daaroor begin tob, maar op die oomblik is dit net awesome om die RWD onder die knie te kry” Eric (en ouer boet Leon, G69) ry in die Hotrod klas.

Motorsport is Eric se passie en geen ander stokperdjies speel ‘n rol nie, maar as niemand luister nie speel hy kitaar en sing so ‘n bietjie…