Johan van der Merwe - G99


Johan van der Merwe is 29 jaar oud en getroud met Petra. Hulle het een dogtertjie, Annuske, 3 jaar oud.

Leon bly in George en werk vir n plek wat ‘custom road tankers’ bou.

Hoe het jy betrokke geraak by Stockars? “Wel my swaer Braam (Flubber) ry en dit is maar hoe ek begin het. My eerste race was met champion of champions 2010. Ek ry tans 2.1’s maar het ook al ‘n paar keer hotrods gery.


Hoe was jou eerste paar race ervarings? Ervaar jy nog senuwees? “Senuwees, nee wat nie regtig nie. Ek was maar nog altyd n petrol koppie en hou maar van spoed.”

 
Het jy al deelgeneem aan ander vorme van motorsport? “Wel ek het bietjie motorcross gery toe ek baie jonger was. Prestasies in stockcars nie regtig tot dusver nie, maar ek het darem ‘n derde plek op Oudtshoorn behaal.


En borge / hulp? “Ek kry hulp by Dent Doctor George (oom Danie en Burt).  So baie dankie aan hulle. Verder moet ek baie dankie se aan Flubber, hy bly maar my grootste hulp. Was dit nie vir hom nie sou ek seker nooit gery het nie.  My grootste ondersteuner defnitief my kind, sy kan nie my foute raak sien nie!”

Op hierdie stadium ry Leon vir die genot, maar ‘n wen sal great wees!”

Leon wil ook graag sy hand aan ‘n RWD probeer, en behalwe stockarre is hy mal oor bikes, bikes, bikes!