Leon de Swardt is 37 jaar ou d en getroud met Magdalene de Swardt en hulle het 3 seuns – Dylan (13), Dewald (9) en Divan (3).
Leon is aan die stuur van Bargain Car's te Albertstraat George.
Hoe het jy betrokke geraak by Stockars? “Ek het elke "race" bygewoon, was n paviljoen driver. Het altyd gese ek wil self nog ry. Tot my paaie met Anton (Rebuild) gekruis het, toe is die koeël deur die kerk!”
Leon ry tans in die Classic V8 en Modified V8 klasse.
Hoe was jou eerste paar race ervarings? Ervaar jy nog senuwees? “Stresvol!! Ek ondervind nog butterflies voor ‘n race.”
En jou beste/trotste prestasie(s) op die Ovaalbaan? “Ek het al 2de en 3de plekke ingepalm maar wag nog vir n wen!”
Die 2 karre waarmee Leon ry behoort aan Anton van Rebuild Scrapyard, hy help hom met onderdele. “Verder moet my "gatsak" maar hoes! My grootste ondersteuner is my vrou & familie”
Ry jy met 'n sterk wenmotief of vir pure genot? “Vir die sport, maar dit is tog lekker om goeie punte te behaal”
Leon speel graag met Bos bikes wanneer die stockarre nie al die tyd in beslag neem nie.