Pieter Kapp - G93


Pieter Kapp (22) woon en bedryf sy eie sake-onderneming op George, te wete Suid Kaap 2de handse Meubels.

Hy het so 6 maande terug betrokke geraak by Stockars deur ‘n vriend, en verbeter steeds met elke race in die Classic V8 klas.

Een van die min manne wat ruiterlik erken hy is nog baie senuweeagtig voor wedrenne!

Dit is in ‘n mate verstaanbaar, want hy het nie enige vorige ervaring in enige ander vorme van motorsport nie.

Maar in die kort tydjie wat hyu ry het hy darem al ‘n 4de plek losgery in ‘n groot klas!

Hy gee graag erkenning vir hulp aan J & T Transport, Kriskem Apteek, Digital Imaging en Apollo Panelbeaters.

Pieter ry vir pure plesier en wil net die sport geniet

En die Groen Handdoek storie? Met Pieter se eerste wedren te Oudtshoorn het hy op 'n ou handdoek gesit op sy nat sitplek. Dirk die Skurk het verbygestap toe hy dit uithaal, en die handdoek het 'n paar gate ingehad. Dirk was (natuurlik!) van mening dat die gate nie daar was vor hy ingeklim het nie......Knyp hol, knyp!

Benewens s
tockcars is sy belangstellings Koi visse, en hy hengel graag.