Jurie Blom (31) is getroud met Jackie, (Ten tyde van hierdie profiel 28 weke swanger!) en werk vir Megatronics, as tegnikus, delivery boy, teemaker en hoof uitvoerende beampte…. Megatronics verhuur, installeer en onderhou pool tafels, amusement games, vending machines, ens.
Die onderneming het voorheen aan Graham Ferreira behoort, en Jurie het deur hom, so (ongeveer 6 jaar gelede) betrokke geraak by die sport.
Hy het aanvanklik in die Development klas gery en het opgradeer na die 1660 klas waar hy tans deelneem.
Jurie is onder almal bekend as ‘n ware gentleman en is populêr in die sport se kringe oor sy innemende persoonlikheid. Hy lyk altyd so rustig, maar sê hy was aanvanklik erg senuweeagtig, maar dit het al hoe beter gegaan na elke race. “Net op groot resies dae pla die senuwees nog so bietjie!”
Stockcars is sy eerste blootstelling aan motorsport, en hy het met die intrapslag sommer mooi prestasies behaal. Hy was SWD kampioen in 2006 - 2009, en 'n gesogte “Eier” by Klein Karoo Kampieonskappe verwerf, asook driver of the day. Hy het ook 5de in die SA kampioenskap geeindig in die 2008/2009 seisoen.
Jurie staan tans ongelukkig op die punt om op te hou met ry, aangesien dit maar moeilik gaan om self te betaal vir instandhouding en race fees, en veral met die kleinding op pad is die budget nou erg onder druk.
Hier is die geleentheid vir ‘n borg om betrokke te raak met ‘n drywer en kar wat pal op die podium is. Hy sal enige hulp verwelkom om hom in staat te stel om voort te gaan met stockcars.
Dan rig hy net 'n spesiale dank aan diegene wat gehelp het tot nou toe, naamlik Sign and Graphics World, JP Motor Spares vir afslag op parte, Silencer & CV Joint Shop, CHE radiators en Tiger Wheel and Tyre, en Paint Warehouse vir julle hulp. “En dankie Braam…!!”
Ry jy met 'n sterk wenmotief of vir pure genot?: “Oo nee ek wil wen, Ha Ha maar ry ook vir die genot!!!”
‘n Groot aspirasie vir die toekoms is om 'n SA nommer te verwerf.
Benewens die sport speel Jurie graag Action Cricket.
Verder sê Jurie hy probeer altyd ander help waar hy kan, “…en dan is vroulief kwaad want ek is dan min by die huis!!”