Clive Meyer - G253

Clive Meyer, 29, is getroud met Vicki, wie ook tans in die development klas ry.

Clive is 'n Motorwerktuigkundige en besit sy eie besigheid, JLM Maintenance te George.

Hy het betrokke geraak by stockars toe sy oupa hulle altyd gevat om te kyk en hy wou bitter graag ook self deelneem.  “My ouers het toe vir my gehelp om my eerste kar te bou, nl. die blou Alfatjie.”

“Ek ry tans in Classic V8's en/of 1660's, maar het ook begin in development en al deelgeneem in 1660’s, 2.1’s, Modified V8’s en dan Classic V8’s”

Senuwees?:  “Baie opgewonde, ek ervaar nie regtig meer senuwees nie“

Clive het ook al deelgeneem aan 'n “blind navigators trial” en 'n paar keer op die drag strips gery en sommer maar net vir die fun bietjie 4x4,  en dan  het hy ook een keer deelgeneem aan 'n Offroad quad challenge.

“My beste prestasies is seker die keer wat ek met die Modified V8 in Worcester 'n eerste plek behaal het, oftewel dit was seker nie die beste nie, maar wel die lekkerste!”

Aan wie wil jy erkenning gee vir hulp? “Christo's Scrapyard, Supa Tune, Loerie Supa Quick, en dan is my grootste ondersteuners seker my vrou Vicki en my Ouers.”

Clive ry vir pure genot maar wen is altyd 'n bonus.

En aspirasies vir nou en/of die toekoms? “Ek sal graag 'n SA nommer wil behaal! My lewe word oorheers deur stockars daar is nie regtig tyd vir ander stockperdjies nie.”

Clive is tans besig om ‘n nuwe kar te bou, hou die baan dop!