Nico Kapp op 17 jarige ouderdom nuut op die ovaalbaan scenario. Sy broer, Pieter het begin ry en na sy eerste pitmac race het die gogga behoorlik gebyt en hy was vasbeslote om te begin ry, en het toe inderdaad op 5 Maart sy eerste verskyning op die baan gemaak.
Hy is nog op skool maar werk graag aan karre en enjins.
Hy ry tans in die Classic V8 Klas, en volgens hom is dit die enigste klas wat hy wil ry.
Hoe was jou eerste paar race ervarings? Ervaar jy nog senuwees?: “Ek stress glad nie. Al waneer ek stress is waneer die kar se enjin nie reg loop nie."
Met relatief min ervaring is sy beste prestasie net om elke heat klaar te maak!
Aan wie wil jy erkenning gee vir hulp? Wie is jou grootste ondersteuner(s)?: “Ek wil graag erkening gee aan my hele familie. En die grootste erkenning aan oom Anton van Rebuild met sy groot ondersteuning.”
Ry jy met 'n sterk wenmotief of vir pure genot?: “Ek sal graag wil wen, maar ek ry net vir die lekkerte en om dit te geniet.”
Watter aspirasies het jy vir nou en/of die toekoms?: “Ek sal graag wil voor ry, en ek wil graag ‘n motorwerktuigkundige word.”
Nico doen liggaamsbou as ‘n stokperdjie, “Maar stockcars is my sport!”
Nico het byname soos ‘STIXX’ en ‘TAPPET’, en het altyd ‘n manier vir alles en om alles reg te kry.
Ten slotte: “As dit nie vir oom Anton was nie het julle my nie vandag op die baan gesien nie. DANKIE OOM ANTON!!